Agtergrond en Opleiding
Geboortedorp: Graaff-Reinet
Primêre Onderrig: Laerskool Hendrik Louw (Strand)
Sekondêre Onderrig Hoërskool Strand
Tersiêre Opleiding:
o BA Teologie Universiteit van Stellenbosch
1980
o BA Honeurs (Sielkunde) Universiteit van Stellenbosch 1981
o MA (Kliniese Psigologie) Universiteit van Port Elizabeth 1985
o MA (Industriële Sielkunde) Universiteit van Stellenbosch 2007
o M Ed (Alg Opvoedk Teorie & Prakt) Rhodes Universiteit 2010
o D Phil (Psigologie) Universiteit van Port Elizabeth 1995
Professionele Kwalifikasies:
o Geregistreerde Kliniese Sielkundige (Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid Afrika)
o Industriële / Organisasie Sielkundige (Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid Afrika)
o Meester Menslike Hulpbron Deskundige (Suid Afrikaanse Raad vir Mensepraktyke)
Akademiese Loopbaan:
Nadat ek as Kliniese Sielkundige kwalifiseer het, het ek by die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Dienste aangesluit (1984-1987) waarna ek ’n akademikus geword het (1988-2024). Ek was in die diens van vier universiteite, naamlik die Universiteit van Port Elizabeth / Nelson Mandela Universiteit, Rhodes Universiteit, Universiteit van die Vrystaat, en die Fort Hare Universiteit.
Ek het aan die einde van 2024 uitgetree by die Nelson Mandela Universiteit as Emeritus Professor.
Professionele Loopbaan:
As ‘n praktiserende Kliniese Sielkundige, Industriële Sielkundige en Meester Menslike Hulpbron Deskundige fokus ek op:
a. Individuele Psigoterapie gemik op die evaluering en behandeling van sielkundige probleme (Adolessente en volwassenes ouer as 15 jaar);
b. Afrigting (‘Coaching’) gemik op die ontwikkeling van persoonlike en beroepskundigheid (d.i., Persoonlike/Lewens Afrigting, Bestuursafrigting, Leierskapafrigting, Uitvoerende Leierskapafrigting, en Spanafrigting);
c. Loopbaanvoorligting gemik op die eksplorasie, assessering, en gepaste loopbaankeuse (Adolessente en volwassenes ouer as 15 jaar);
d. Beroepsvoorligting gemik op die behandeling van werkverwante kwessies en probleme.
Ek lewer nie die volgende dienste nie:
• Assessering en behandeling van kinders en adolessente jonger as 15 jaar;
• Psigo-wetlike of forensiese werk;
• Assessering gemik op mediese rade of ontslag op grond van ongeskiktheid vir werk of inkapasiteit.
Praktyk oriëntasie en Benadering:
My voorkeur Afrigting, Psigoterapeutiese en Voorligting oriëntasie kan beskryf word as eklekties of integrerend.
Dit beteken eerstens dat ek in staat is om op ‘n buigsame wyse ‘n verskeidenheid teoretiese raamwerke te gebruik, en tweedens dat ek my benadering aanpas by die spesifieke behoeftes, omstandighede en doelwitte van die spesifieke kliënt.
Praktykformaat :
Ek is gemaklik met beide die aangesig-tot-aangesig sowel as die aanlynformate van Afrigting, Psigoterapie en Loopbaanvoorligting.